Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê hy het vordering gemaak met die betaling van studiegelde vir studente wat met beurse van die departement in Rusland studeer. ‘n Woordvoerder, Gerald Sambo, sê betaling van sakgeld en verblyfgeld is op datum. Klasgelde vir sowat 105 studente is ook gefinaliseer. Volgens Sambo is die vertraging…
Twee stappers is gisteraand om ongeveer 22:40 uit die berge gered in die omgewing van Marlothi Chalets tussen Elandshoek en Waterval Onder. Volgens die woordvoerder van Emer-G-Med, Kyle van Reenen, het die een man sy been gebreek. Beide is hospitaal toe geneem.
‘n 53-jarige man van Thulamahashe buite Bosbokrand is gister ‘n boete van 2-duisend-500-Rand opgelê vir die onwettige besit van wildsvleis. Volgens Brigadier Selvy Mohlala sluit dit vleis van ape en hiënas in sowel as drie gedroogte krokodilvelle en ‘n vars krokodilkarkas.
‘n Man verskyn vandag in die Elukwatini-hof vir die besit van gesteelde goedere. Hy is gister by die Oshoek-grenspos aangekeer. Hy was glo in besit van ‘n Nissan NP-200-bakkie wat in Januarie in Boksburg as gesteel aangemeld is. Polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê dit vorm deel van hul veiliger feestyd…
Die polisie in Kwamhlanga ondersoek hoe ‘n vermeende verkragter op 21 Desember uit aanhouding ontsnap het. Die 29-jarige Bheki Moses Phakathi het na bewering van polisielede van Tweefontein ontsnap in die hofgebou waar hy sou verskyn. Hy staar vyf aanklagte van verkragting sowel as ‘n klag van huisbraak in die…
'n 45-jarige man is aangekeer op aanklagte van moord, gewapende roof en besit van ‘n vuurwapen. Hy is Maandag in Mkhuhlu aangekeer op aanklagte dat hy Aby Nginindza vroeg Maandagoggend by ‘n taverne in Mkhuhlu beroof en geskiet het. Brigadier Selvy Mohlala:
Twee sekuriteitswagte is gister geskiet en van hul vuurwapens beroof terwyl hulle die Numbi-pad gepatrolleer het. Gewapende patrollies op die pad ingestel na verskeie geweldadige aanvalle op besoekers aan die Krugerwildtuin. Volgens die polisie het twee gewapende mans verskyn en op die wagte geskiet. Hulle is ernstig beseer en per…
‘n Polisiebeampte is gewond tydens ‘n skietgeveg met gewapende mans gister op die R570 Jeppes Reef-pad buite Malalane. Volgens die polisie het lede tydens ‘n patrollie vier swaar gewapende mans in ‘n enkelkajuitbakkie opgemerk. Hulle het hulle genader en die skietery het uitgebreek. Die beampte is in die bolyf getref…
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê die voorkoms van nuut bevestigde gevalle van masels onder kinders in Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en Noordwes het gestyg. Verlede maand is drie gevalle van masels in Ehlanzeni-distrik bevestig. Daar is nou 50 gevalle in Mpumalanga, 98 in Limpopo, 13 in Noordwes en agt…
‘n 42-jarige vragmotorbestuurder is Vrydag deur wetstoepassers gered na hy Donderdag naby die Lebombo-grenspos ontvoer is. Volgens die polisie is ‘n losprys van 50-duisend-Rand by sy werkgewer geëis. Twee verdagtes is aangekeer. Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê ‘n windbuks, messe, verskeie selfone en ‘n groot bedrag kontant is in hul…
Twee verdagtes wat na bewering Krugerwildtuin-veldwagters en hul familielede betaal het vir taktiese inligting om renosterstropingsindikate mee te help, het hulself aan die owerhede oorhandig. Martin Prince en Eunice Lekhuleni was voortvlugtig na nege familielede van die voormalige veldwagters Chikwa Maluleke en Solly Ubisi op 2 Desember tydens operasie “Blood…
Twee verdagtes het Woensdag die Ermelo-hof verskyn vir die besit van renosterhorings met ‘n geraamde waarde van 876-duisend-Rand. Junior Chauke (49) en Prince Ntsako Letswele (33) is Donderdag aangekeer na die polisie ‘n wenk ontvang het oor mense in besit van vuurwapens. Hulle is voorgelê het glo probeer vlug toe…
Drie mense is Woensdag in die Nelspruit-landdroshof skuldig bevind aan bedrog en geldwassery na hulle Eskom uit R2,6 miljoen bedrieg het. Volgens die Valke het Micheal Chimanzi, Nwabisa Ngxola en Cinderella Moropane tussen 2013 en 2019 fakture aan Eskom uitgemaak wat die kragverskaffer betaal het, sonder dat enige dienste gelewer…
TRAC sê druk verkeer word van vandag af verwag op die N4-tolpad. Volgens kommunikasiebestuurder, Solange Soares, is vandag en môre sowel as die 23ste en 24ste die besigste op die roete. Alle bane is oop vir verkeer en tol-plazas sal teen maksimum vermoë funksioneer. Alle konstruksiewerk is vir die feestyd…
SANParke het 'n beroep gedoen op besoekers om vooraf te bespreek en die reëls van die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) die feestyd na te kom. Woordvoerder, Ike Phaahla, vra dat besoekers by die spoedbeperkings hou.
SANParke het 'n beroep gedoen op besoekers om vooraf te bespreek en die reëls van die Krugerwildtuin die feestyd na te kom. Woordvoerder, Ike Phaahla, sê daaglikse kwotas geld vir dagbesoekers by die toegangshekke. Daar is drie tydgleuwe vir voorafbesprekings.
‘n 23-jarige man en vrou verskyn vandag in die Kabokweni-hof na die skietdood van ‘n 30-jarige vrou Saterdag in Mshatsa naby Masoyi buite Witrivier. Volgens die polisie het twee gewapende mans ‘n groep vroue wat besig was om hul stokvel-kontant te verdeel aangehou, beroof en die een geskiet. Sy is…
Die Mpumalanga premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê motoriste op Mpumalanga se paaie moet bewus wees dat wetstoepassers in hul volmag roetes hierdie feestyd sal patrolleer. Sy het in haar feestydboodskap ook gesê dat Covid-19-infeksies aan die toeneem is, en inwoners gemaan om versigtig te wees.
‘n Voormalige regeringsamptenaar wat na bewering deel is van ‘n sindikaat wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens uit 950-duisend-Rand bedrieg het, is Donderdag in die hof vir kommersiële misdade in Nelspruit gevonnis. Valke-woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Cynthia Zanele Maluleka sou 50-duisend-Rand ontvang het. Sy is ‘n boete van 20-duisend-Rand of drie…
13 Dec 2022 12AM
1 min
860 – 880
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.