Amerikaanse president Donald Trump sê hy het ‘n koper vir TikTok. Die Chinese toep moes reeds op 19 Januarie vanjaar in die VSA verbied gewees het maar, Trump het reeds drie keer die sperdatum uitgestel, die jongste, tot September vanjaar. Trump het met Fox News gepraat.
Polisie in die Vrystaat het beslag gelê op vervalste goedere ter waarde van meer as 19 miljoen Suid-Afrikaanse rand en ses buitelandse burgers in hegtenis geneem tydens operasies in Bloemfontein die afgelope week. Die Nasionale Eenheid vir Vervalste Goedere het met die ondersteuning van SARS Doeane, meer as 13 000…
Daar was ‘n skietvoorval in Idaho aangemeld nadat die brandweer gereageer het op ‘n noodoproep by die Canfield-berg in Kootenai County. ‘n Skieter het losgebrand en twee brandweermanne is doodgeskiet met nog een, ernstig beseer. Die sheriff Bob Norris het met die media gepraat en sê hulle glo die brand…
Die Forum vir Suid-Afrika het die DA se onttrekking aan die Nasionale Dialoog verwelkom en noem dit opportunisties maar noodsaaklik. Die FOSA-woordvoerder, Tebogo Mashilompane, hou vol die dialoog is 'n verkwistende poging om ministers wat misluk te beskerm. Mashilompane voer aan landsburgers wil optrede sien oor werkgeleenthede, veiligheid en dienste,…
Die Verkiesingskommissie van Namibië het sy verkiesingskalender en Raak Betrokke-veldtog bekend gestel vir die plaaslike en streekraadverkiesings op 26 November. Aanvullende kiesersregistrasie vind plaas van 1 tot 14 Augustus vir nuwe kiesers en adresveranderings. Die verkiesingsuitslae word op 30 November verwag. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met De Wet Siluka,…
Die lynminister, Lucia Iipumbu, sê dat Namibië se komende elektroniese identiteitskaarte landsburgers in staat sal stel om toegang tot noodsaaklike dienste te verkry sonder om die fisiese ID-kopie te toon. Die digitale ID-inisiatief, wat in vennootskap met die VN se ontwikkelingsprogram bekendgestel is, vorm deel van die land se breër…
Geslagsgeweld bly 'n ernstige probleem in Namibië, maar die #EndGBVNamibia-veldtog bemagtig gemeenskappe om dit te konfronteer. Oshana-goewerneur Elia Irimari het ouers versoek om skadelike tradisies wat meisies stilmaak, te verwerp. Hy sê dat sulke praktyke 'n kultuur van minderwaardigheid bevorder, maar dat mans ook ly onder geslagsgeweld. Kosmos 94.1 Nuus…
In haar eerste 100 dae het president Netumbo Nandi-Ndaitwah reeds Namibië se regering hervorm, haar kabinet van 21 tot 14 verminder, 'n vroue-meerderheid leierskapspan ingestel, gratis universiteitsonderrig vir 2026 belowe, en 'n ambisieuse teenkorrupsie en ekonomiese diversifikasieveldtog van stapel gestuur wat daarop gemik is om 500 000 werksgeleenthede te skep…
Die Europese Unie het vyf 30-ton-veevragmotors ter waarde van 20,68 miljoen Namibiese dollar aan die ministerie van landbou geskenk om die noordelike gemeenskaplike veewaardeketting te versterk. EU-ambassadeur Ana Beatriz Martins het gesê die vragmotors dui op beter markte, laer vervoerkoste en sterker landelike ekonomieë. Die ministerie se uitvoerende direkteur, Ndiyakupi…
Die loongeskil tussen die heersende Afrikabeker-kampioene vir vroue, Banyana Banyana, en die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging is opgelos. Banyana het geweier om in Marokko te oefen weens onbetaalde salarisse en kampoefen-geld van SAFA. Die span berei voor vir die toernooi wat op 5 Julie begin. Die SAFA visepresident, Linda Zwane, het na…
Boere in die Stampriet-bekken het skriftelike besware teen die hernuwing van omgewingsklaringsertifikate vir eksplorasiebedrywighede deur Headspring Investments ingedien. Die maatskappy se agt lisensies verval in Augustus vanjaar en moet dus hernu word. Headspring se boorpermitte is egter deir die landbouministerie teruggetrek en al word die sertifikate hernu, sal die maatskappy…
Die GOOD Party het die DA se onttrekking aan die Nasionale Dialoog gekritiseer en noem dit politieke teater gemotiveer deur partybelange. Die sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die DA se optrede ondermyn pogings om Suid-Afrika se werklike uitdagings aan te spreek. Hy sê dialoog in plaas van onttrekkings is nodig vir…
Die Interpol-misdaadambassadeur, Andy Mashaile sê die inhegtenisneming van die hoof van misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo is rede tot ernstige kommer vir wetstoepassing. Khumalo en ses ander is Donderdag in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog en korrupsie. Die Pretoria-landdroshof het borgtog van 10 000 rand aan vyf van die beskuldigdes toegestaan,…
Die DA sê die party oorweeg 'n mosie van wantroue teen president Cyril Ramaphosa en beskuldig hom dat hy ministers beskerm wat van korrupsie aangekla is. Die DA-leier John Steenhuisen het ook die party se onttrekking aan die Nasionale Dialoog aangekondig en noem dit 'n verkwistende ANC-verkiesingsfoefie. Dit volg na…
Terwyl die winter sy greep oor Namibië versterk, blyk boskos 'n noodsaaklike lewenslyn vir baie landelike gemeenskappe te wees. Wilde vrugte, neute, wortels en ander eetbare plante wat uit woude versamel word, help gesinne om hul dieet aan te vul en voedselsekerheid te handhaaf. Hierdie natuurlike hulpbronne is nie net…
Ondanks onderverhalings het die energie-ministerie die brandstofprys onveranderd vir Julie gelaat. Luidens die aankondiging is 53 sent onderverhaal per liter petrol, amper 60 sent per liter 50ppm diesel en amper 54 sent per liter 10ppm. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Oliver Diggle gepraat, wat nie brandstofprysverligting in die afsienbare…
Namibië se blits, Jaco Potgieter, het Vrydag silwer by die Wêreldjeugspele in Gothenburg in Swede verower met die tweede plek in die 400m-hekkies vir seuns. Potgieter se tyd was 56,07 sekondes. Hy is deel van die Napso-span atlete wat uit tien meisies en tien seuns bestaan, meestal hoërskoolleerlinge. Buiten die…
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het die vredesooreenkoms verwelkom wat tussen die ministers van Buitelandse Sake van Rwanda en die Demokratiese Republiek die Kongo, Olivier Nduhungirehe en Thérèse Kayikwamba Wagner, in Washington onderteken is. Rubio het die harde werk van beide lande, die Afrika-Unie en Katar geprys…
Die Amerikaanse president Donald Trump het 'n groot oorwinning in die land se Hooggeregshof behaal toe die mag van federale regters beperk is om uitvoerende optrede te blokkeer. Die hof sê landswye verbiedings deur distrikshofregters, oorskry die gesag wat die Kongres aan federale howe verleen het. Die hof het nie…
Cosatu het die minister van finansies, Enoch Godongwana, geprys vir sy ingryping om die likwidasie van Ithala Bank te stop. Die bank van KwaZulu-Natal sou vroeër sluit nadat dit insolvent verklaar is. Werksgeleenthede was in gevaar en meer as 257 000 kliënte was in die gedrang. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê…
28 Jun 3AM
1 min
1660 – 1680
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.