Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week onder druk gebly teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalfpryse het verder gedaal. Stoorlampryse het effens opwaarts gestyg hierdie week. Hoenderpryse het effens gestyg. Varkpryse, veral spekvarkpryse het weer gestyg as gevolg van…
Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die goeie reën en klimaatsveranderinge en die effek daarvan op die sektor. Die COP27-beraad het ook pas afgeskop in Afrika en Maré gee ‘n oorsig daaroor. Koolstofteikens en –voetspore is nog ‘n onderwerp onder bespreking en Mare…
Voedselsekerheid en die instandhouding van dieregesondheid is afhanklik van die belangrike waarde van biosekuriteit. Ander bedrywe kan ook geraak word deur die nie-nakoming van sekere maatreels. Dit is ook noodsaaklik dat die regering en die landbousektor saamwerk op verskeie terreine om die beste vir die bedryf uit te haal. Die…
Fonterra, die bekende Nieu-Seelandse suiwelkooperasie, het besluit om beleggings te maak in nie-suiwelproduksie. Fonterra is sedert 2019 besig met navorsing oor nie-suiwelproduksie en het besluit om presisiefermentasie te bevorder waar sekere proteine, vette en ensieme gekweek word.
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Mieliepryse in die VSA het sywaarts beweeg. Witmielies se pryse kan verder onder druk kom en sonneblompryse styg. Pryse kan steeds verhoog in Februarie en Maart volgende jaar. Lusern en suikerboonpryse het in…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week effens gestabiliseer, maar toe weer verswak teenoor die Amerikaanse dollar. Die begrotingstoespraak het ook ‘n invloed op die markte uitgeoefen. Speenkalfpryse het verder gedaal. Stoorlampryse het weer sywaarts beweeg hierdie week…
Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die omstredenheid binne die suikerbedryf. Tongaat Hulett het in ‘n gewillige sakeredding gegaan. Die vraag word nou gevra wat word van suiker wat reeds gelewer is en of dit steeds uitbetaal gaan word. Dit laat die vraag…
Charl Saunderson, die bekende dorperskaap-teler van Kenhardt in die Noord-Kaap, gee sy mening oor hoe om jou produk op die mees effektiefste wyse te bemark. Hy vertel ook van aanlynveilings se voordele en hoe kopers en verkopers oor die laaste paar jaar aangepas het om die beste produk te koop…
Dairy Reporter berig dat verskeie internasionale lande se suiwelbedrywe probleme in die gesig staar. Die eiland Gurnsey het ‘n dreigende krisis wat hulle probeer afweer. Verskeie melkplase is oppad om te sluit en slegs 12 melkprodusente is tans oor en daar word voorspel dat die bedryf op hierdie eiland waarskynlik…
Charl Saunderson is ‘n bekende dorper stoetteler van Kenhardt in die Noord-Kaap, maar ook ‘n berader, predikant en motiveringspreker. Hy gebruik eenvoudige “boere-terme” om ‘n belangrike skakel in die boerdery uit te wys en deel so ‘n paar lesse met mede-landbouers.
Die Global Dairy Top 20-verslag toon dat die internasionale suiwelvraag effens toegeneem het. Food Ingredients First berig dat verkope gestyg het ná Covid-19. Verhoogde vraag uit China het ook hiertoe bygedra. Die genoemde Top 20-maatskappye se gesamentlike omset het ‘n 9,3% styging getoon.
Afrika se swartrenosters se getalle het effens toegeneem volgens syfers wat onlangs bekend gemaak is. Die dalende witrenostergetalle is steeds kommerwekkend. Die Internasionale Unie vir Natuurbewaring het die jongste statistiek onlangs vrygestel. Die verslag toon dat die dalende getalle meer voorkom in staatsbeheerde gebiede, wat beteken dat renosters veiliger is…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Witmielies se pryse het gestyg en meer uitvoere uit Suid-Afrika kan beteken dat daar ‘n binnelandse tekort kan ontstaan. Pryse kan verhoog in Februarie en Maart volgende jaar. Lusern en suikerboonpryse het in…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week onder druk gebly en verswak teenoor die Amerikaanse dollar. Die begrotingstoespraak hierdie week gaan ook ‘n invloed op die markte uitoefen. Brandstofpryse ka weer skerp styg. Speenkalfpryse het verder gedaal. Stoorlampryse…
Prof Frikkie Maré, bekende landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, gesels vandag weer oor ‘n interessante onderwerp in die landbousektor. Maré is, benewens sy werk as senior lektor by die Universiteit van die Vrystaat, ook bekend as die redakteur van die vaktydskrif, Veeplaas.
DG Snyman is ‘n jongboer van die Philippolis-distrik in die Suid-Vrystaat wat bekendheid verwerf het vir sy skaapskeerderskursusse wat hy aanbied vir jongmense wat die vaardigheid wil baasraak. Die onderneming het veral in die Covid-tydperk ook groot belangstelling ontlok en daar is menige aspirant skeerders wat ‘n draai in die…
ABC het berig oor ‘n Walliese skaapskeerder, Lloyd Rees, wat ‘n nuwe rekord behaal het toe hy 902 lammers in 9 ure geskeer het. Dit is die meeste skape wat tot nog toe nog geskeer is. 867 lammers is die huidige wêreldrekord wat deur Evan Scott van Engeland opgestel is.
24 Oct 2022 3AM
1 min
820 – 840
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.