Maroela Media Wêreldwys met Jaco Kleynhans

Wêreldwys met Jaco Kleynhans

Jaco Kleynhans ontleed weekliks die vernaamste internasionale nuusgebeure, en verduidelik hoe dié gebeure ons in Suid-Afrika raak.
"Wêreldwys" word vervaardig deur Maroela Media.
Weekly Afrikaans South Africa News Commentary · Politics
51 Episodes
40 – 51

Ep. 11 | Daar is nog hoop vir Wes-Europa

Die verlies aan identiteit in Westerse samelewings is die afgelope paar jaar deeglik geboekstaaf. Die onlangse openingseremonie van die Olimpiese Spele het die reuseverlies aan identiteit en selfs die aanslag op die Christelike grondslag van die Weste bevestig.
31 Jul 2024 31 min

Ep. 10 | Onsekerheid ná politieke chaos in die VSA

Wat beteken Biden se val, die sluipmoordaanval op Trump, Vance se kandidatuur en Harris, wat nou die Demokrate se presidentskandidaat is, vir Amerika? Luister na hierdie week se episode van Wêreldwys vir antwoorde op hierdie en ander vrae.
25 Jul 2024 35 min

Ep. 9 | SA moet fyn trap te midde van nuwe globale spanning

Na aanleiding van verlede week se Navo-beraad in die Amerikaanse hoofstad en die toenemende spanning tussen die Weste aan die een kant en Rusland en China aan die ander kant, word die vraag gevra of Suid-Afrika se huidige buitelandse beleid in diens van die mense van die land staan.
16 Jul 2024 37 min

Ep. 8 | Drie verkiesings met globale gevolge

Hoe moet ons die uitslae van Frankryk, Brittanje en Iran se verkiesings interpreteer? In hierdie week se uitgawe van Wêreldwys bespreek ons al die belangrike vrae oor hierdie en ander internasionale nuusgebeure.
10 Jul 2024 44 min

Ep. 4 | Regse partye groei, maar min kan verander

Tendense in Europese beleid kan wêreldwyd gevolge hê. Daarom word hierdie week se hele program aan ʼn ontleding van die Europese verkiesing gewy, in gesprek met CW Burgers en Álvaro Peñas.
13 Jun 2024 49 min

Ep. 3 | Lesse vir die Weste uit Nederland en Suid-Tirool

Suid-Tirool het ʼn band met die Afrikaner wat tot die Tweede Vryheidsoorlog terug strek. Daarmee saam is die model van outonomiteit wat Suid-Tirool oor dekades verkry het ʼn voorbeeld vir ander gebiede in Europa, maar ook die res van die wêreld.
5 Jun 2024 49 min

Ep. 2 | Belgiese verkiesings gaan oor veel meer as net die staat

In die tweede episode van Wêreldwys gesels ons met een van die voorste Belgiese grondwetkenners, Frank Judo, oor die geskiedenis van die Belgiese staat, hoe federalisme in België ontwikkel het en wat ná volgende week se verkiesing verwag kan word.
31 May 2024 35 min

Ep. 1 | Nuwe podsending oor buitelandse nuus

Om weekliks internasionale nuusgebeure te bespreek en te ontleed, stel Maroela Media hierdie week die nuwe podsending, “Wêreldwys”, bekend, wat deur Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by die Solidariteit Beweging, aangebied word.
26 May 2024 47 min
40 – 51