Die VF Plus dring daarop aan dat die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit die wetgewing toepas wat inwoners verbied om permanente strukture binne die 50-jaar-vloedlyn te bou. Dit na verskeie huise wat klaarblyklik onder die vloedlyn gebou is, verspoel het met die huidige oorstromings in die Laeveld. Volgens Monique Bornman, ‘n VF Plus-raadslid in…
Rampbestuur in Mpumalanga vra dat mense sover moontlik van die paaie afbly, gegewe die volgehoue oorstromings in die provinsie. Jacques Benade sê veral Nkomazi word erg geraak. Hulle het reeds versoek dat skole sluit en mense eerder van die huis af werk as hulle kan. 'n Nasionale Ramptoestand is afgekondig…
Die hoof van rampbestuur in Mpumalanga, Jacques Benade, sê die grootste brandpunte is Nkomazi, wat die suide van die Krugerwildtuin insluit. Huise in Tekwane Suid het na hoë reënval ook oorstroom. 'n Oranje vlak 9-waarskuwing vir swaar reën is uitgereik in Ehlanzeni vir vandag. Volgens die weerdiens sal die verwagte…
Teerpaaie in die Krugerwildtuin is weer oopgestel na oorstromings in die Suide gister SANParke genoop het om dit te sluit. Volgens woordvoerder, Ike Phaahla, bly gondpaaie as 'n voorsorgmaatreël gesluit. Buiten Krokodilbrug en Onder-Sabie is alle ruskampe oop. Die Skukuza-lughawe is ook operasioneel. Geen groot skade aan infrastruktuur is tot…
Vier kampe sowel as verskeie paaie en brûe in die Krugerwildtuin is ontoeganklik weens oorstromings, maar geen beserings is nog by mense of diere aangemeld nie. Die Onder-Sabie, Krokodilbrug, Biyamiti en Talamati-kampe word erg geraak en is volgens berigte ontoeganklik. Woordvoerder, Ike Phaahla, sê hulle monitor deurlopend die situasie en…
Na groot volumes reën deur die nag is verskeie paaie en brûe in die Laeveld oorstroom. Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, sê die Krokodilbrug-ingang is oorstroom en kan dus nie gebruik word nie. Die Paul Kruger-hek is wel intussen weer oopgestel. Hy raai besoekers aan die wiltuin egter…
‘n 47-jarige man verskyn vandag in KaBokweni op aanklagte van handel in renosterhoring as deel van Operasie "Blood Orange". Dit volg na DNS van renosterhorings wat tydens ‘n deursoekoperasie by ‘n huis in Johannesburg bekom is, hom met die toneel verbind het. Volgens die woordvoerder van die Valke, kapt. Dineo…
‘n 14de verdagte is aangekeer vir beweerde geldwassery wat verband hou renosterstropery in die Valke se Operasie “Blood Orange”. Die voormalige Krugerwildtuin-veldwagters, Chikwa Maluleke en Solly Ubisi, is na bewering betaal vir taktiese inligting om renosterstropingsindikate mee te help. Betaling is glo in familielede se bankrekeninge betaal. Nkateko Maluleke (24)…
'n Provinsiale verkeersbeampte is gistermiddag aan diens dood toe sy deur ‘n ligte afleweringsvoertuig getref is. Volgens die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga het Jeanette Mlangeni die bestuurder probeer stop omdat hy na bewering gevaarlik 'n ander voertuig verbygesteek het op die R544 tussen Emalahleni en Kriel. Die waarnemende LUR,…
Dit was gister sewe jaar sedert Lily-myn buite Barberton ingestort het. Die liggame van drie mynwerkers, Yvonne Mnisi, Pretty Nkambule en Solomon Nyirenda is sedertien ondergronds vasgekeer. ActionSA het dit gister saam met familie- en gemeenskapslede herdenk. Partyleier Herman Mashaba sê die ANC-regering se gesloer om die vraghouer met die…
Protesaksie is vanoggend aangemeld rondom Amersfoort met verskeie paaie wat afgesper word deur vragmotors. Polisiewoordvoerder, Bridagadier Selvy Mohlala, sê openbare orde polisiëring is op pad na die toneel, maar die vragmotors is kennelik gekaap en dit mag 'n geruime tyd neem om te verwyder. Vermy die area.
Die Mpumalanga Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het die polisie en Nasionale Vervolgingsgesag geloof vir die swaar vonnisse wat twee verkragters opgelê is. Sibusiso Cossa is tot twee keer lewenslank en ‘n addisionele 50 jaar gevonnis vir misdade wat hy in Tonga gepleeg het. Richard Ndlovu moet ook lewenslank sit vir die…
'n Renosterstroper is gister in Skukuza tot effektief 18 jaar tronkstraf gevonnis. Santos Baloyi is in September in die Afsaal-area van die Krugerwildtuin vasgetrek. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, het veldwagters op patrollie ondersoek ingestel na hulle ‘n skoot gehoor het. ‘n Skietery het ontstaan. Baloyi is gewond en aangekeer…
Die DA het formeel ‘n grief teen die burgemeester van Thaba Chweu-munisipaliteit, Friddah Nkadimeng, by die Speaker ingedien. ‘n Raadslid, Spiridon Couvaras, voer aan dat sy nie by raadsbesluite hou nie. In November is daar besluit dat noodsaaklike werkers in skofte sal werk om oortydbetaling te verminder, maar dit is…
Die VF Plus in Mpumalanga sê waterpompe moet gevrywaar word van beurtkrag. Werner Weber sê beurtkrag veroorsaak dat byna elke munisipaliteit in Mpumalanga sonder water is omdat die pompe wat water aan die woongebiede verskaf, nie sonder elektrisiteit kan funksioneer nie. Hy voeg by dit is belangrik dat munisipaliteite gebeurlikheidsplanne,…
'n Polisiesersant verskyn vandag in die hof saam met vyf vermeende medepligtiges in eMalahleni op aanklagte van voertuigkaping en besit van gesteelde goedere. Volgens polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, het die Middleburg-blitspatrollie Maandag op 'n wenk reageer en 'n vragmotor wat in Elsburg gekaap is by 'n kleinhoewe in Clewer gevind…
Die vlieënier wat gistermiddag dood is toe sy ligte vliegtuig naby die Ou Nelspruit-lughawe neergestort het is geïdentifiseer as die 44-jarige Jeff Mabuza, ‘n gerekende sakeman van Steelpoort. Hy was die enigste insittende. Polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê die Burgerlugvaartowerheid ondersoek die oorsaak.
Die VF Plus in Mpumalanga sê die Govan Mbeki-munisipaliteit is in meer moeilikheid as wat inwoners besef. Aranda Nel-Buitendag gee wanadministrasie die skuld vir swak dienslewering in Bethal, Secunda en omliggende dorpe. Sy sê die ouditeur-generaal het in haar jongste verslag haar kommer uitgespreek oor die tekort aan veral tegniese…
Die Burgerlugvaartowerheid ondersoek ‘n noodlottige vliegongeluk wat gistermiddag in Mbombela plaasgevind het. ‘n Ligte vliegtuig het naby die Ou Nelspruit-lughawe neergestort. Die vlieënier was die enigste insittende en is dood. Die kommunikasiebestuurder van die Burgerlugvaartowerheid, Sisa Majola, sê dit is onduidelik van waar of waarheen die vliegtuig op pad was.
Die vlieënier van ‘n ligte vliegtuig is vanmiddag dood toe die vliegtuig kort na 3-uur neergestort het ‘n bietjie wes van die Ou Nelspruit-lughawe. Volgens Kyle van Reenen van Emer-G-Med was die vlieënier die enigste insittende. Die oorsaak van die ongeluk sal deur die Burgerlugvaartowerheid ondersoek word.
30 Jan 2023 7AM
1 min
800 – 820
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.